DEESDAE is daar afwagting, maar ek vermoed ook ’n goeie dosis vrees voor belangrike begrotingsverklarings in Suid-Afrika. Só was dit waarskynlik ook in die aanloop tot die toespraak van Tito Mboweni, minister van finansies, wat vandeesweek die mediumtermyn-begrotingsraamwerk (MTBR) in die parlement ter tafel gelê het.
Die MTBR is ’n bywerking van die nasionale tesourie se jongste vooruitskattings vir die belangrikste makro-ekonomiese aanwysers, insluitende die verwagte BBP-prestasie en vooruitsigte vir inflasie. ’n Bygewerkte oorsig van die bestedingsplanne en verwagte belastinginkomste, en hoe dit deursyfer na die belangrikste fiskale ratio’s, word ook gegee. Dit sluit in die nasionale begrotingstekort en die totale skuldlas van die land.
Die saamstel van die 2020-MTBR is bemoeilik deur die verwoestende uitwerking van Covid-19 op die ekonomie en staatsinkomste. Sedert die aanvullende begroting in Junie moes die tesourie ook teensinnig êrens nog geld vind vir die SAL (R10.5 biljoen), asook R6 biljoen om vir nog drie maande die spesiale Covid-toelae aan werkloses te betaal...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.