Om op ‘rassisme’ te bly hamer vervaag net die antikorrupsie-fokus

STORM OOR TWEET

Om op ‘rassisme’ te bly hamer vervaag net die antikorrupsie-fokus

Mzwandile Masina, burgemeester van Ekurhuleni, moet sy woorde tel, sê S’THEMBISO MSOMI – en hy kan gerus Nigerië besoek, ’n land wat terugveg teen die puin wat korrupsie veroorsaak het.

  • 30 Oktober 2020
  • Nuus & Politiek
  • 4 min om te lees
  • artikel 18 van 31
  • S'thembiso Msomi

MENSE wat hom ken sê Mzwandile Masina, burgemeester van Ekurhuleni, is ’n goed berese man. Maar dis nie duidelik hoeveel hy al in Afrika gereis het nie. As hy nog nie daar was nie, is dit dalk tyd dat hy die vasteland se digs bevolkte land, Nigerië, besoek – ’n pragtige, bedrywige land met wonderlike, hardwerkende mense. Van die vasteland se talentvolste mense, in die wetenskappe, handel en literatuur, kom van dié Wes-Afrika-land.

Ondanks sy klaarblyklike potensiaal as een van Afrika se grootste en gevorderdste ekonomieë is die land se vooruitgang sedert sy onafhanklikwording sowat ses dekades gelede egter in ’n groot mate deur een ding belemmer: korrupsie.

Die burgemeester van Ekurhuleni het nogal ’n storm laat losbars toe hy die volgende op sosiale media getweet het: “Black people must unite, these arrests are targeting abt [sic] black professionals and black business. We need to stand up and be counted. Some Whites have been stealing with impunity and they not arrested. It’s now or never.”..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.