POLITIEKE NOTABOEK | Duduzane Zuma is die Kim Kardashian van...

DIE WEEK IN DIE NUUS

POLITIEKE NOTABOEK | Duduzane Zuma is die Kim Kardashian van die ANC se RET-faksie

MAX DU PREEZ skryf oor Jacob Zuma se klong wat sy politieke ambisies aangekondig het, oor adjunkpresident David Mabuza se skandes wat hom inhaal en oor Siener van Rensburg wat in Fernwood woon.

DIE 24-uur-nuuskanaal NewzRoom Afrika het dié week Duduzane Zuma se politieke loopbaan van stapel gestuur. Zuma Jr. kon nie vir ’n beter afspringplek gehoop het nie. En dit was gratis.

Hy gaan beslis tydens die algemene verkiesing van 2024 op die stembrief wees, het Duduzane verklaar. Die “huidige administrasie” (lees: Cyril Ramaphosa) kom nie die mas op nie en verandering is nodig, sê hy.

Toe hy gevra is of sy deelname aan die verkiesing “via die ANC” gaan wees, het hy geantwoord: “Via die kieserskorps.” Hy het reguit na die kamera gekyk en gesê: “Kykers, bly ingeskakel!”..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.