Raasbek Malema floreer net weens ’n gebrek aan leierskap

MNR. CHAOS

Raasbek Malema floreer net weens ’n gebrek aan leierskap

Mense soos Julius Malema se opruiende nonsens is tans geneig om veld te wen omdat dit in baie gevalle nie uitgedaag word nie en daarom vrye teuels kry, skryf BARNEY MTHOMBOTHI.

TOE dit aan Julius Malema, die EFF se sogenaamde opperbevelvoerder wat geen militêre ervaring het nie, gestel is dat sy roekelose aksie op Senekal ’n burgeroorlog kan veroorsaak, het hy ontplof: “Laat dit dan so wees!” Hy het toe met heftige kritiek losgebars teen leiers wat volgens hom die gemors in die land veroorsaak het.

Ek dink dit was Colin Powell wat op ’n keer gesê het dis gewoonlik mense wat nog nooit in ’n oorlog geveg of dit ervaar het nie, wat dit romantiseer of graag jong mans daarheen wil stuur. Malema was nog nooit op ’n slagveld nie; tog word hy betower deur oorlogspraatjies. Hy is wat Nelson Mandela ’n vredestyd-held genoem het. Hy ontgin ons patologieë vir politieke gewin. ’n Leier wat sy sout werd is, probeer altyd mense byeenbring; en waar daar konflik is, sal hy na vreedsame maniere soek om dit op te los. Malema se onmiddellike instink is om olie op die vuur te gooi. Hy’s altyd kwaad; sy hande jeuk altyd om te baklei.

Senekal het vir hom en sy party ’n presiese agtergrond en die perfekte sondebokke in die gestalte van kakiegeklede wit boere gegee...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.