Zondo se bloedhonde op ’n nuwe spoor

STAATSKAPERS GEJAG

Zondo se bloedhonde op ’n nuwe spoor

Suid-Afrika is baie dank verskuldig aan die ondersoekers by die Zondo-kommissie na staatskaping wat die stank van korrupsie by die een skelm ná die ander uitgeruik het. Maar daar wag nou ander werk op hulle, skryf YOLANDI GROENEWALD.

DIT was Zondo se bloedhonde wat die spoor gevat het toe ’n getuie vertel het hoe hy toevallig ’n peperduur Aston Martin onder ’n seil by Nomvula Mokonyane se huis gesien het. En wat die eens komkommerkoel tenderpreneur Edwin Sodi laat sweet het oor sy rits suspisieuse transaksies.

Dié ondersoekers is die naamlose helde wat verantwoordelik is vir elke strikvraag wat advokate Paul Pretorius, Kate Hofmeyr, Thandi Norman en die res van Zondo se ondervraers aan ongemaklike getuies stel. Onder leiding van Terence Nombembe, die hoofondersoeker van die kommissie, staan hulle in die skadu en verkies om ongesiens die spoor te sny.

Die kommissie se span bestaan uit ervare ondersoekers en forensiese spesialiste, rekenmeesters en rekenaardeskundiges wat kan toor met data. Nombembe self is ’n gesiene rekenmeester en ’n voormalige ouditeur-generaal. Dis hulle wat gaan rondgrou in selfoonrekords, bankstate en karpaaiemente, en met duisende mense gesels om te probeer uitvis wat by al daardie berugte vergaderings by Melrose Arch gebeur het. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.