Woedende weermag-twis oor wie moet betaal vir R381 miljoen se...

AL WEER 'N KUBAANSE KRISIS

Woedende weermag-twis oor wie moet betaal vir R381 miljoen se nuttelose Covid-medisyne

Sowat R381 miljoen se Interferon-alfa-2b, ’n ongeregistreerde Kubaans vervaardigde middel vir die behandeling van Covid-pasiënte wat deur die weermag aangeskaf is, lê en stof opgaar. Boonop is die Suid-Afrikaanse Militêre Gesondheidsdiens gewaarsku dat die depot waar die einste ampulle gehou word, nie by die gesondheidsowerhede geregistreer is nie en eersdaags gesluit kan word. ERIKA GIBSON doen verslag.

DIE laaste paar maande was nie ’n goeie tyd vir die weermag nie. Die een lekkasie van onreëlmatighede ná die ander het hom beswaarlik in glorie getooi. Dit is dus ook geen wonder nie dat genl. Solly Shoke, hoof van die weermag, sowel as lt.genl. Zola Dabula, die geneesheer-generaal, tans al twee onbepaald met siek- of spesiale verlof is.

Die besonderhede oor die bestelling van die Kubaanse middel Interferon-alfa-2b, is juis onlangs aan die media gelek ná ’n interne dispuut oor watter afdeling in die weermag daarvoor moet betaal, glo ter sprake was. Die Suid-Afrikaanse Militêre Gesondheidsdiens (SAMGD) het verseg om dit te betaal omdat die departement van gesondheid en die Suid-Afrikaanse regulatoriese owerheid vir gesondheidsprodukte (Sahpra) die gebruik van die middel in die behandeling van Covid-positiewe pasiënte verbied het.

Militêre dokters het óók verseg om die middel te gebruik, terwyl dit onduidelik is wie in die weermag presies die bestelling goedgekeur het. In die aanvanklike brief, wat deur genl.maj. Lesley Ford, hoofdirekteur van militêre gesondheidsteun, onderteken is, maak Ford kapsie omdat die medikasie nie volgens neergelegde riglyne en die SAMGD se begroting aangeskaf is nie. Daarom gaan die SAMGD ook nie daarvoor betaal nie aangesien dit as ’n onreëlmatige besteding sal reflekteer...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.