Simson Trump se laaste weke op troon van eiewaan (en die rol...

VREES EN FRUSTRASIE IN DIE VSA

Simson Trump se laaste weke op troon van eiewaan (en die rol van die Grim Reaper)

Teen hierdie tyd is dit duidelik vir almal om te sien dat pres. Donald Trump se narsisme en grootheidswaan hom nie net ongeskik maak vir die posisie van leierskap in 'n fyngebalanseerde demokrasie met sy ingeboude wigte en teenwigte nie, skryf ARRIE ROSSOUW uit Amerika, maar dat hy so verblind en verbitterd is dat hy nie kan aanvaar dat 'n meerderheid van meer as vyf miljoen Amerikaanse kiesers sy leierskap verwerp het nie.

FORT COLLINS, COLORADO. - Soos 'n Simson van ouds is Donald Trump se haarlokke verlede week deur die Amerikaanse filistyne afgeknip en sy oë uitgesny; sy godgegewe krag (“I am the chosen one”) het hom verlaat.

In die Bybelse verhaal het God Simson nog een keer bomenslike krag gegee om die goddelose Filistyne wat hom as slaaf aangehou het te vernietig deur die pilare van hul tempel om te trek, maar hy sou ook in die proses sterf.

Gaan die geskiedenis homself herhaal? Gaan Amerika se Simson die pilare van die grootste en oudste demokrasie op homself omtrek en die Groot Amerikaanse Eksperiment in die proses vernietig? Is dit die begin van die einde van die Amerikaanse “Ryk”?..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.