Wit messias in ’n Westerse wêreld vol politiek korrekte leiers

VAN DIE BISARRE NA DIE BELAGLIKE

Wit messias in ’n Westerse wêreld vol politiek korrekte leiers

Aan die einde van sy grondwetlike termyn in die Withuis verseg Donald Trump, in ware Robert Mugabe-styl, om die verkiesingsuitslag te aanvaar. Wat is dit in hierdie zefgat politieke kragaap waartoe sommige wit Suid-Afrikaners so aangetrokke voel, vra PIET CROUCAMP.

DIE Amerikaanse president, Donald Trump, is groot onder wit Suid-Afrikaners. Dit is ’n moeilike vraag hoekom ’n ongesofistikeerde politieke leuenaar so spreek tot ’n minderheid aan die suidpunt van Afrika. Soos die komediant Trevor Noah by geleentheid uitgewys het, op ’n ironiese wyse voldoen Trump byna volledig aan die mees banale karikatuur wat soms in die weste oor Afrika-politici geskilder word: sy Idi Amin-agtige beheptheid met homself, die aanstelling van sy onmiddellike familie in sy administrasie, sy totale onbegrip vir komplekse internasionale verhoudinge, sy aandrang dat sy politieke teenstander, Hillary Clinton, opgesluit word, die Verwoerd-agtige stigmatisering van politieke opponente as sosialiste, en die vervloeking van alle media wat hom durf kritiseer.

Dit is maklik om te dink hier in Suid-Afrika was dit net AfriForum se Kallie Kriel en Ernst Roets wat aangetrokke gevoel het tot ’n vreemde politieke verskynsel soos Trump. Daar is egter ’n pynlike waarskynlikheid dat baie Afrikaners hul morele waardes met Trump deel. Hy was die wit messias in ’n Westerse wêreld vol politiek korrekte leiers.

Vier jaar gelede het wit Amerikaanse vroue bankvas vir Trump gestem. Hulle was ’n waarneembare statistiese kohort wat “stem sterk saam” op hul stembriewe aangedui het. Die industriële revolusie en die Verligting het “Trump se vroue” nie tot die besef gebring dat patriargie ’n politieke en ekonomiese strategie eerder as ’n toevallige waardestelsel is nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.