Iemand sit agter dié veldtog wat met ‘militêre presisie’ die...

BUITELANDSE SONDEBOKKE

Iemand sit agter dié veldtog wat met ‘militêre presisie’ die bloed landwyd laat loop

Die frustrasie en desperaatheid van Suid-Afrikaanse werkers word vir politieke motiewe uitgebuit om die vinger na onder andere buitelanders te laat wys, skryf DESIREE ERASMUS. Tog is dit geen spontane protes nie, en die feite bots dikwels met populêre sieninge.

HY wens pres. Cyril Ramaphosa was “meer soos Herman Mashaba, of selfs Trump” wanneer hy die “probleem” van buitelanders hanteer, veral vragmotorbestuurders wat ten koste van Suid-Afrikaners in diens geneem word, het Sifiso Nyathi, sekretaris van die All Truck Drivers Forum (ATDF), aan Vrye Weekblad gesê.

Dit was weer eens ’n week van gewelddadige aanvalle op die padvragbedryf landwyd, waarin een drywer gesterf het en talle vragmotors aan die brand gesteek is. 

Nyathi se woorde is dalk moeilik om te sluk, maar hierdie sentiment word gedeel deur 'n menigte MK-veterane, werklose gegradueerdes, vragmotorbestuurders, handelaars en ander wat sê hulle is nie voorkeurkandidate vir indiensneming nie, juis omdat hulle behoorlike lone en werktoestande eis. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.