VANAAND so elfuur se kant, soos elke aand van die jaar, sal ’n man in sy 30's of 40's iewers in die land besope van die drinkplek af by die shack aankom waar sy vriendin en hul baba by ’n paraffienlamp op hom sal wag. In sy dronkenskap sal hy haar daarvan beskuldig dat sy hom verkul het met ’n ander man in die omgewing. Sy sal alles ontken, maar hy sal haar gou wys wie’s baas. Drie dae later sal die plaaslike koerant ’n kort beriggie dra wat dalk só sal lees:
“... ’n hewige argument het by die beskuldigde se huis ontstaan en hy het haar toe na bewering met ’n skerp voorwerp gesteek en gekap. Die slagoffer is op die toneel dood.”
In sommige weergawes van dié verhaal haal niks daarvan enige koerant nie, want dis te alledaags om nuus te wees. Of die betrokkenes is nie belangrik genoeg om van kennis te neem nie. Of niemand is in verband met die voorval gearresteer nie; dalk het die polisie eers die volgende oggend daar opgedaag, dalk nooit nie...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.
Ethiopië sink terug in doodsdal van oorlog