PRESIES hoe die “profeet” Shepherd Bushiri en sy familie, met al hul luukse voertuie en glo ook hul miljoene, die land verlaat het sonder dat enige van die land se wetstoepassingsagentskappe hulle kon keer, het van Suid-Afrika die grap van die jaar gemaak.
Twee weke later krap die media die een weergawe ná die ander oop oor presies wie, wanneer, hoe landuit is. Die owerstes van die onderskeie verantwoordelike departemente slaan vure dood en deel dwarsklappe uit oor die “onwaarhede” en fopnuus wat gepubliseer word.
Maar twee weke later is daar nog nie ’n enkele voorlopige verklaring van regeringskant af oor hoe “Houdini” Bushiri dit gedoen het nie. Selfs toe die Guptas se vliegtuig vol bruilofsgaste op 30 April 2013 met presidensiële magtiging op die Waterkloof-lugmagbasis neergestryk het, het die volk ’n week later ’n stewige voorlopige verslag gehad oor die sondebokke. Koppe het links en regs gewaai...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.