Die trieks en slenters waarmee die Guptas dermiljoene se vuil ...

OP DIE GUPTAS SE GELDSPOOR

Die trieks en slenters waarmee die Guptas dermiljoene se vuil geld skoongemaak het

Die Gupta-kitswassery: Gooi jou vuil geld in die was, en dit kom blink aan die ander kant uit, terwyl die vuil water in die see by Dubai verdwyn. Maar daar was ’n geldspoor, en iemand het daardie spoor gevat, berig YOLANDI GROENEWALD.

DIÉ geldwassery het skynbaar lustig voortgegaan terwyl die Guptas geld gemaak het uit Eskom en Transnet of verdagte staatsprojekte. Maar daar was ’n spoor, en Paul Holden, ’n onafhanklike ondersoeker van die nieregeringsorganisasie Shadow World Investigations, het eers die #GuptaLeaks-boodskappe en maatskappyrekords en later die bankstate wat die Nasionale Vervolgingsgesag kon kry, gefynkam – en gewys dat as jy mooi kyk, die vuilheid steeds aan die geld vasklou.

Die afgelope week het Holden aan die Zondo (https://www.vryeweekblad.com/mense-en-kultuur/2020-11-26-adjunk-hoofregter-raymond-zondo-van-arm-seuntjie-tot-regter-reus/)-kommissie na staatskaping verduidelik hoe die berugte Gupta-familie se gesofistikeerde internasionale geldwasskema gelyk het. 

Met welbekende tegnieke soos om geld om die wêreld te stuur, net om dit dan weer terug te bring na die oorspronklike bankrekening (“Om na meer te lyk, my kind”), en “smurfing”, waar ’n groot bedrag in kleiner bedrae verdeel word om minder verdag te lyk, kon die Guptas hulle eie bankrekening vir lank volstop...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.