Eerlikes, oneerlikes, en sommer net gewone mense

BOOSWIGTE EN ENGELE

Eerlikes, oneerlikes, en sommer net gewone mense

Ons het hulde gebring aan die eerlikes, geskryf oor die stryd teen die boewe op die plase en in die buurte en in die townships, en oor sommer gewone mense in die Moot.

DAAR is talle mense wat baie prysgegee het (en self hulle lewe verloor het) in die stryd teen staatskaping. Ons artikel is 'n nimmereindigende projek soos wat meer mense na vore kom en die stryd voortduur. Ons was ook by 'n boer op 'n grensplaas wat vertel van die stryd teen veediewe in die middel van nêrens, en ons het Suid-Afrika deur die oë van die gemeenskapspers bekyk. Herman Lategan vertel van die aand toe Mandela sy lewe gered het, en Ronel Nel het 'n liefdesbrief geskryf aan die Moot, waar gewone mense bloot gewone dinge doen.

Die ererol van die eerlikes

Van hulle was fluitjieblasers wat vermoor is vir die waarheid wat hulle aan die lig wou bring. Van hulle was net eerlike amptenare wat hulle werk wou doen en wat geneutraliseer moes word omdat hulle in die pad gestaan het van die oneerlikes wat wou steel, of van die staatskapers wat hulle agenda in donkerte wou ontplooi, of regeringsamptenare wat net hulle eie gatte wou red. Daar is dié wat eers 'n pad deur hulle eie medepligtigheid moes wroeg voordat hulle uiteindelik vir die waarheid opgestaan het. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X