Trump se eie beitelwerk laat die pilare om hom nou een vir...

CHAOS OP CAPITOL HILL

Trump se eie beitelwerk laat die pilare om hom nou een vir een intuimel

Die regse opstand in Washington DC is aangevuur deur misleiding, leuens en samesweringsteorieë, en ’n narsistiese psigopaat wat nie kan vat dat hy die verkiesing verloor het nie. Pres. Donald Trump se roekelose leierskap van die afgelope vier jaar het twee weke voor hy die mag vreedsaam aan Joe Biden moes oorhandig, gelei tot ’n tragiese laagtepunt in die meer as 245-jarige bestaansgeskiedenis van Amerika, skryf ARRIE ROSSOUW.

FORT COLLINS, COLORADO. – Op 11 Maart 1994 het my Beeld-kollega wyle Andriette Stofberg uit Mmabatho, destydse hoofstad van Bophuthatswana, berig vanaf die toneel waar drie lede van die Afrikaner-Weerstandsbeweging (AWB) gesterf het as deel van ’n gewapende staatsgreeppoging deur honderde AWB-lede om die destydse tuislandpresident Lucas Mangope se bewind teen ’n interne burgerlike opstand te probeer beskerm.

Terwyl een van hul makkers reeds dood gelê het langs hul motor en hulle, ook sleg gewond, by Andriette gepleit het vir water, het sy aan hulle gevra: “Wat doen julle hier?” En hulle het geantwoord: “Ons is nie hier omdat ons hier wil wees nie. Ons is hier omdat die topstruktuur gesê het ons moet hier wees. Dis die leiers wat gesê het ons moet hier wees. Dis Eugène Terre’Blanche (destydse AWB-leier).”

Minute later is die twee gewondes koelbloedig deur 'n lid van die Bophuthatswana-weermag doodgeskiet – 'n daad waarvoor hy later by die WVK amnestie gevra het. Maar Terre’Blanche het skotvry daarvan afgekom...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.