Binne die ANC se 2022-‘jeugplan’

IS VERANDERING AAN DIE BROEI?

Binne die ANC se 2022-‘jeugplan’

Die geraas van die ANC se ‘RET-faksie’ haal nou gereeld die hoofopskrifte. Maar dit verdoof moontlik die heelwat stiller maneuvers op die agtergrond voor die party se verkiesingskonferensie vir 2022, skryf NATASHA MARRIAN.

IS dit tyd dat die ANC ’n nuwe baadjie aantrek? Opgradeer van die 1912-weergawe? Sommige leiers in die party glo blykbaar so. In die ANC lê die mag in die partystrukture – in die streekliggame en veral dié in die provinsies. Dit is hier waar verandering dalk nou broei.

Volgens Financial Mail se bronne is ontwikkelinge aan die gang om die mag van die streke en provinsies in te span sodat vuur gemaak kan word onder die party se leierskap. Die idee is skynbaar om die ANC te “verfris” deur jonger leiers uit die provinsies hoër status te gee sodat hulle ’n “nuwe ANC” by die party se verkiesingskonferensie in 2022 kan bou.

As dit suksesvol is, sal ’n heeltemal ander ANC waarskynlik na vore kom, met die meeste van die huidige leiers wat aftree. Daar is nietemin sekere planne rondom kontinuïteit: President Cyril Ramaphosa sal byvoorbeeld aan die stuur van die party bly, mits hy ’n meer besliste, dapper rol begin speel...

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X