Halt! Rampspoed wag as Weermag nie dringend reggeruk word

MIN DAE

Halt! Rampspoed wag as Weermag nie dringend reggeruk word

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag is in ’n geld-, doelwit- en leierskapskrisis, skryf DARREN OLIVIER. Rampspoedige en baie duur gevolge is onvermydelik as ’n behoorlike verdedigingsoorsig met breë betrokkenheid van die burgerlike gemeenskap en ’n ferm verbintenis van die regering nie dringend gedoen word nie.

SUID-AFRIKA se gewapende magte bevind hulle in hul ergste krisis in dekades, en stuur af op ’n rampspoedige verlies aan strategiese vermoëns weens die noodlottige kombinasie van ’n ewig krimpende begroting, swak leierskap, en ’n droewige wanbalans tussen wat hulle veronderstel is om te verrig en die hulpbronne wat daarvoor beskikbaar gestel word.

As daar nie in die komende jare drasties ingegryp word nie, loop ons die risiko dat ’n onbestuurde verlies aan verskeie strategiese vermoëns dit moeilik, indien nie onmoontlik nie, sal maak om die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) weer in die nabye tot middeltermyn-toekoms op sy voete te kry. Op sy beste sal die SANW grotendeels onontplooibaar word, en die personeelkomponent van sy begroting sal al die operasionele, opleidings- en verkrygingsgeld opslurp.

En dan praat ons nog nie van die ander dreigende ramp nie – die ineenstorting van Denel (https://www.vryeweekblad.com/nuus-en-politiek/2021-03-18-denel-afgetakel-tot-in-die-grond-in-en-niemand-gee-n-dooie-duit-om/) en ’n groot deel van die res van die Suid-Afrikaanse verdedigingsbedryf. Dit sal die SANW se koste drasties verhoog omdat daar ál meer op buitelandse verskaffers staatgemaak sal moet word, en Suid-Afrika belangrike vaardighede en uitvoerinkomste kwyt sal wees...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.