Oud-MK’s en vrywilligers met knuppels gaan passasierstreine...

MBALULA SE ‘TREINLEËR’

Oud-MK’s en vrywilligers met knuppels gaan passasierstreine nie van ondergang red

Die ‘treinleër' wat deur Fikile Mbalula, minister van vervoer, in die lewe geroep is om die verwoestende stroping van die land se passasierspoorinfrastruktuur te stuit, gaan nie genoeg wees nie, skryf SONJA CARSTENS.

DIE departement van vervoer het 9,860 vrywilligers in gemeenskappe van Pretoria, Johannesburg, Durban, Kaapstad en Gqeberha (Port Elizabeth) teen 'n loon van R3,000 per maand vir 12 maande aangestel om die land se treinspore op te pas as deel van die sogenaamde People's Responsibility to Protect (PR2P)-projek.

Dit gaan belastingbetalers R100 miljoen kos.

Dié vrywilligers sal onder die bevel staan van 80 militêre veterane van die voormalige Umkhonto weSizwe wat as koördineerders ontplooi is. Die aanstellings is bykomend tot die 3,100 ekstra veiligheidsbeamptes wat verlede jaar landwyd deur Prasa (die land se passasierspoorvervoeragentskap) aangestel is om bestaande beamptes se geledere aan te vul...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.