AANSTAP ROOIES
Meer as net ’n rooi baret en ’n gebalde vuis
Die EFF se belangrikste rolmodel is ‘die Ché Guevara van Afrika’, president Thomas Sankara van Burkina Faso. Dit was by hóm wat hulle die dra van 'n rooi baret as revolusionêre simbool gaan leen het. Het hulle maar sy basiese filosofieë omarm en die lesse van sy opgang en ondergang geleer, skryf MAX DU PREEZ, wat Sankara twee maande voor sy sluipmoord in Ouagadougou ontmoet het. Sankara se opvolger en meesterbrein agter sy sluipmoord, Blaise Compaoré, gaan nou vervolg word, is dié week aangekondig.

Deel
ONS het Thomas Sankara in die kombuis van sy beskeie, afgeleefde staatswoning ontmoet. Toe ons instap, het hy agter die tafel met sy groen panelyte-blad en chroom-omsoomsels soos my ouma s’n opgestaan met 'n breë glimlag wat 'n mens kon aanvoel nie aangeplak was nie. Hy het sy arms uitgestrek en gesê: Bienvenue!
Sankara was 'n aantreklike man in sy laat dertigs, atleties gebou en kersregop in 'n los, gestreepte tuniek van Faso Dan Fani, die plaaslike katoenmateriaal. Saam met hom was sy adjunk-president en ou vriend, Blaise Compaoré, en 'n paar kabinetslede.
Ek was deel van 'n klein afvaardiging Suid-Afrikaners wat onder andere Thabo Mbeki, Van Zyl Slabbert en Breyten Breytenbach ingesluit het. Dit was deel van ons toer deur Wes-Afrika ná ons beraad in Dakar, Senegal in Julie 1987...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Deel
-
Deel
Max du Preez
HoofredakteurMax du Preez is die hoofredakteur van Vrye Weekblad. Hy was die stigtersredakteur van die oorspronklike Vrye Weekblad.