POLITIEKE NOTABOEK | #FarceAboutAce

VAT SO

POLITIEKE NOTABOEK | #FarceAboutAce

Die skorsing van Ace Magashule was ’n politieke bliksemstraal wat die ANC getref het. As die party se nasionale uitvoerende komitee die komende naweek koers hou, kan dit die lewe vir die RET-faksie só ondraaglik maak dat hulle gaan oppak en trek. Maar die verrotting in die ANC is dalk te diep om ’n Nuwe, Beter, Skoon ANC aan die ander kant van só ’n skeuring te verwag, skryf MAX DU PREEZ.

AS Ace Magashule enige hoop gehad het dat hy sy skorsing op appèl opgehef sou kon kry, het hy dit vernietig met ’n verspotte, uitdagende brief aan pres. Cyril Ramaphosa waarin hy die president eiehandig “skors”. #FarceAboutAce

Daar is nou ’n drukgroep in die nasionale uitvoerende komitee (NUK) wat eis dat Magashule weens dié brief en ander uitlatings sedert sy skorsing uit die party geskop word (soos wat destyds met Julius Malema gebeur het) eerder as net geskors bly tot sy hofsaak verby is.

As daar die afgelope drie jaar ’n “stryd om die siel van die ANC” was, kan ’n mens vandag sê Ramaphosa het dié stryd gewen...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.