NOTA BENE | Ramaphosa in Parys, maar is alles orraait by die huis?

SWEEF SOOS 'N (VIS)AREND

NOTA BENE | Ramaphosa in Parys, maar is alles orraait by die huis?

Ons wil nou nie na suurknolle klink nie, want dit is vir ons tog goed om weer ’n staatshoof te hê wat trots sy plek tussen wêreldleiers kan inneem. Maar mensig, as daar so baie tuis is om oor bekommerd te wees, wil ons hom eerder hier hê.

DIT wil vir ons hier by Vrye Weekblad voorkom asof dinge heel goed gaan in Mzansi as pres. Cyril Ramaphosa dit kan bekostig om in hierdie dae na die buiteland te reis. Julle moes gesien het hoe klim hy eergister by die trappe van die Inkwazi af: geanimeerd, statig, trots, opgewonde, hoopvol; ’n kat met melk om die mond.

Op daardie oomblik was daar geen teken dat die president aan slaapversteuring ly oor byvoorbeeld die Jacob Zuma-korrupsieverhoor wat eergister weer begin het nie, ’n saak wat ons herinner aan een van die skandaligste periodes in ons demokrasie se jong lewe. Om verdomp R30 biljoen (in 1999 se randwaarde) te vermors op wapens wat jou land nie eens nodig het nie – óf kan bekostig nie! Ons moes toe al die eerste tekens van die korrupsie gesien het waaroor staatskaping ons nou eers laat wakker skrik het. Staatskaping is natuurlik die rede waarom Zuma boonop by die Konstitusionele Hof in die moeilikheid is (hieroor het ons bydraende redakteur Heindrich Wyngaard (https://www.vryeweekblad.com/nuus-en-politiek/2021-05-13-ons-slaan-ons-o-op-na-konstitusieheuwel-oor-zuma-en-zondo/) in Vrydag se uitgawe geskryf).

Ons het ook geen teken op die president se gesig gewaar toe hy van die vliegtuig afklim dat hy bekommerd is oor beurtkrag wat nou weer ’n daaglikse realiteit raak nie (hoewel Eskom gisteroggend vroeg aangekondig het dat ons beurtkrag gespaar sal bly tot so vyfuur die middag). Het hy gesien, wonder ons op daardie oomblik, hoedat sy interne politieke teenstanders in die ANC die Zuma-verskyning eergister tot die maksimum benut het om uit te vaar teen alles wat húlle meen sleg is in die ANC en in ons samelewing?..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.