MOEGOE OF MUITER?
Mojo Motau: Die oudgeneraal wat ANC-spioenspoke en ’n muitery-stankie opjaag
Watter duistere geheime lê in die oudhoof van verdedigingsinligting se verlede in Umkhonto weSizwe (MK)? En watter rol speel die afgetrede luit.genl. Mojo Motau, 'n Zuma-ondersteuner wat eis dat ‘apartheidspioene’ in die ANC aan die kaak gestel word, in die faksiegevegte binne die party? Tot die nasionale raad van MK eis nou dat Motau verduidelik wie en wat hy eintlik is. ERIKA GIBSON het by voormalige MK-lede navraag gedoen oor dié vreemde verhaal.

Deel
MAOMELA Moreti “Mojo” Motau se knaende eise en aantygings wissel van die ondermaanse tot die outoritêre. Die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) moet ontbind word omdat hulle die “handpoppe van neo-liberalisme” geword het, sê hy. Plaaslike verkiesings moenie plaasvind nie en onverkose komitees moet aan die bewind kom. Die grootste vyand van die ANC is in eie boesem. Pres. Cyril Ramaphosa self is “gekompromitteer" en moet skoert uit die NUK om die ANC te “red" – en so ook onder andere Gwede Mantashe, Tito Mboweni, Zweli Mkhize, Derek Hanekom en Pravin Gordhan.
Dié aanbevelings en aantygings, saam met eise dat die apartheidspioene in die ANC ontbloot moet word, word volgens Motau “namens die kaders" gedoen. Motau en sy ANC-nasionaliste en -kaders is wel net 'n faksie binne die faksies van die ANC: Hy kan skaars 'n flentergat 50 van die “kaders" bymekaarskaap op 'n slag.
Waarom dan het ANC-swaargewigte soos oudpres. Thabo Mbeki, Mantashe en die adjunk-sekretaris-generaal, Jessie Duarte, al in die openbaar erkenning gegee aan Motau deur na hom en sy aansprake te verwys?..
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Deel
Deel
Volgende artikelErika Gibson
JoernalisErika Gibson is 'n spesialis-skrywer oor militêre aangeleenthede.