NORMA Gigaba se eerste “eksklusiewe" televisie-onderhoud is in Mei 2017. Dit is drie jaar ná haar spogtroue met Malusi Gigaba (wat sy eerste vrou vir Norma gelos het). Dit is ook vyf weke ná haar man se onverwagse aanstelling as minister van finansies. En 'n week ná nóg 'n openbare skermutseling met haar man se minnares, Buhle Mkhize (sy het haar 'n prostituut en 'n “teef met grimering" genoem en Mkhize het op haar beurt weer gedreig om meer te vertel oor “Mauritius" en die Guptas se privaat straler waarmee sy na 'n afspraak met Gigaba in Durban gevlieg het).
Mevrou Gigaba giggel sjarmant deur die onderhoudvoerder se stroperige inleiding en sê sy't haar man vergewe vir sy buite-egtelike verhouding en met Mkhize afgereken, want niemand “vat nie aan my familie nie".
Gigaba vertel hoe sy deur Bill Gates geïnspireer is om tegnologie te gaan studeer, maar dat sy nie gehou het van die oorpakke wat 'n IT-spesialis sou moes dra nie en toe 'n bykomende diploma in grafiese ontwerp bekom het. “Something more fancier," verduidelik sy, wat haar sou toelaat om in die IT-wêreld te bly, maar meer van 'n lady te kon wees. ..
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.