Covid-inentings: Wat presies gaan aan?

EN NOU WAG ONS

Covid-inentings: Wat presies gaan aan?

Dat Suid-Afrika se inentingsveldtog in hierdie stadium nog kruip eerder as rol, is gewis, maar die regering sê ons moet net vasbyt, alles gaan oukei wees. ANNELIESE BURGESS is geneig om die regering se opinie oor sy eie vermoëns met hele sak sout te wil opvreet, en probeer verstaan waar ons nou staan.

EEN ding staan soos 'n paal bo water: Die regering se elektroniese inentingsdatastelsel (EVDS) werk nie so lekker soos dit moet nie.

'n Persoonlike anekdote om my punt te illustreer. My pa is bo 80. My ma nie ver agter nie. Ek het hulle lank gelede op die aanlyn stelsel geregistreer en hulle het inderdaad 'n SMS ontvang om te sê dit het plaasgevind. Nou wag hulle geduldig vir 'n afspraak. Soos wetsgehoorsame burgers. Maar ook desperaat vir 'n ontvlugting van hulle eie selfopgelegde inperking wat nou al 14 maande lank duur.

Gisteraand ontvang ek 'n oproep van 'n doktersvriend. Hy sê daar is nie genoeg mense wat afsprake kry by die inentingspunt in die plattelandse hospitaal waar hy werk nie. Miskien moet ek my ouers bring, hulle sal heel moontlik gehelp kan word. Dit is die hoeveelste oproep van hierdie aard wat ek oor die laaste paar dae ontvang het. Hier kan jy inloop. Daar kan jy inloop. Probeer hier, probeer daar...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.