NOTA BENE | Die PAP val op die grond

IN DIE NUUS

NOTA BENE | Die PAP val op die grond

Die Pan-Afrika-parlement is nou nie eintlik geneig om die nuusopskrifte te haal nie, maar die afgelope week was dit ’n chaotiese sirkus. Dit was 'n skandweek vir Afrika.

IN Februarie 2016 het ’n lid van die Nasionale Raad van Provinsies aan die destydse minister van internasionale verhoudinge en samewerking, Maite Nkoana-Mashabane, ’n skriftelike parlementêre vraag oor die Pan-Afrika-parlement (PAP) gevra.

Die vraag was of Suid-Afrika se rol as gasheerland vir dié Afrika-instelling daartoe bydra dat die vasteland op ’n nuwe ontwikkelingstrajek geplaas word. Indien nie, wat is die toekomsplanne om dit te maak werk; indien wel, wat is die relevante besonderhede?

Die antwoord het ’n lang draai by die ontstaan van die PAP as ’n bymekaarkomplek vir afgevaardigdes van oor die hele vasteland gaan maak. Hier moes hulle idees uitruil en planne maak ter ondersteuning van die Afrika-unie. Elke lidland (55) kon vyf verteenwoordigers stuur. Die uiteindelike punt in die minister se antwoord was ’n ietwat selfvoldane, maar straks lig-in-die-broek-respons: “Suid-Afrika as gasheer, met gevestigde instellings van regeerkunde en ’n funksionele parlementêre demokrasie, is ’n uitstekende voorbeeld vir die PAP, soos wat dit ontwikkel tot ’n voorste instelling van regeerkunde op die vasteland.”..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.