ELKE verhaal en elke gemeenskap is anders. Maar wat elkeen van ons regrukstories gemeen het, is dat daar 'n besluit was om nie meer te wag vir politici om leiding te neem nie, maar om self in te spring om 'n verskil te maak.
En in sommige gevalle skep hierdie gemeenskap-saamstaan 'n momentum wat die plaaslike politici saamsleep. In die wonderlike storie oor Kroonstad hier onder het Suid-Afrika se jongste (ANC) burgermeester so begeesterd geraak met wat in sy dorp gebeur, dat die gemeenskap hom nou “Mr Energy" noem. Nie net stoot hy saam kruiwa nie, hy dryf die visie om van Kroonstad 'n spogdorp met nuwe moontlikhede te maak.
Elke storie begin gewoonlik met 'n tot-hier-toe-en-nie-verder-nie-besluit deur 'n groep inwoners. En dan volg die brûe bou en saam plan maak. In die woorde van Barend la Grange van South Africa Day, die organisasie wat agter baie van hierdie regruk-verhale sit: “As mense eers met mekaar begin praat, dan begin hulle 'n gedeelde toekoms sien."..
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.
Norma Gigaba en die waarheid