Grond: Voogdyskap is ’n halfgebakte en gevaarlike idee

DEUR OOP VIR KORRUPSIE

Grond: Voogdyskap is ’n halfgebakte en gevaarlike idee

Wat is die werklike motiewe met die wysiging van artikel 25, vra Agri SA se CHRISTO VAN DER RHEEDE en ANNELIZE CROSBY. Is dit bloot korttermyn- politieke gewin?

  • 25 Junie 2021
  • Nuus & Politiek
  • 7 min om te lees
  • Christo van der Rheede en Annelize Crosby

DIE ANC en EFF se voorstelle om grond onder voogdyskap te plaas is gevaarlik. Dié halfgebakte idee het geen grondwetlike basis nie en kom neer op 'n poging om landbouproduksie en grond onder die beheer van die staat te plaas.

Die staat se rekord in dié verband spreek van onbevoegdheid, wanbestuur, grootskaalse korrupsie en grondkaping deur die politieke elite. Suid-Afrikaners sal hul stem moet dikmaak teen absurde idees soos die nasionalisering van grond of die plasing van grond onder voogdyskap waarmee die ANC en EFF goedkoop politieke punte probeer aanteken.

Om natuurlike hulpbronne onder voogdyskap te plaas kom daarop neer dat 'n enorme burokrasie geskep word wat grond, sowel as die toekenning, gebruik, monitering en evaluasie daarvan, sal moet administreer. Meer nog: Dit laat die deur wawyd oop vir korrupsie en grootskaalse omkopery om grond of plase aan politici, hul familie, vriende en breër netwerke toe te ken...

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X