NOTA BENE | Asem uit oor Zuma-uitspraak; asem in oor die...

REGTERLIKE MASJIENGEWEER

NOTA BENE | Asem uit oor Zuma-uitspraak; asem in oor die komende vyf dae

Die afwagting oor die Konstitusionele Hof se ‘aardskuddende’ Zuma-uitspraak was ongeëwenaar in die onlangse verlede. Ons het egter rede om ook vir die volgende vyf dae nog asem op te hou, skryf HEINDRICH WYNGAARD.

SLEGS twee keer vantevore in ons land se regsgeskiedenis, onthou mense wat goed in dié veld ondergrawe is, het ons 'n “aardskuddende” oomblik beleef. 'n Aardskuddende oomblik in ons regsgeskiedenis word beskou as dié wat gelykgestel kan word aan die afwagting en die reaksie op die uitspraak gister van die Konstitusionele Hof in die saak tussen die Zondo-kommissie en Jacob Zuma.

Die eerste soortgelyke geval wat in herinnering geroep word, het teen die einde van die 19de eeu plaasgevind toe pres. Paul Kruger ongelukkig was oor 'n ongunstige hooggeregshofuitspraak oor mynregte in die Brown vs. Leyds-saak. Wat doen Kruger toe? Onseremonieel verwyder hy toe die ou Transvaal se hoofregter, John Gilbert Kotzé (gedoop Johannes Gysbert Blanckenberg), uit sy pos. Dit is as 'n eerste voorbeeld van ongevraagde inmenging met die onafhanklikheid van die regstelsel bestempel.

In die tweede geval, hierdie een in die 20ste eeu, was daar die hofstryd in 1951 oor bruin mense se verwydering van die kieserslys. Wikipedia beskryf dit as die “Kleurlingstemregvraagstuk”. Die saak het in die appèlhof in Bloemfontein gaan draai, waar vyf regters ses dae lank die argumente aangehoor het en 'n maand geneem het om uitspraak te lewer. Geen nodigheid om hier in diepte in die saak in te gaan nie, maar die uitspraak was eenparig dat die wetgewing ongeldig was – 'n uitspraak wat deur dr. D.F. Malan se regering verwerp is, waarna 'n alternatiewe (politieke) roete gevolg is om die wetgewing deurgevoer te kry...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.