Die misterie en mistiek van vergiftiging in Suid-Afrika se grondwetlike politiek is ’n tergende logika. Byna so onverklaarbaar as middelklas-Afrikaners se beheptheid met ivermektien, skryf PIET CROUCAMP.
ADJUNKPRESIDENT David Mabuza het in die verlede al dikwels die land verlaat om mediese sorg in Rusland te kry. Meestal is hy Moskou toe sonder dat enigiemand daarvan geweet het, tot lank nadat hy weer sy hand ter plaatse aan die ploeg geslaan het, hier in Mzansi. Die afgelope week het hy egter formeel by president Cyril Ramaphosa toestemming gevra vir sy jaarlikse reis na Rusland en dit is ook vooraf in die media afgekondig.
Vir iemand wat al dikwels vir maande van die politieke toneel verdwyn het, is dit nogal gedrag wat ’n mens se wenkbroue laat lig. Hy sou die openbare aankondiging van sy reis beslis nie uit eie wil doen nie, veral omdat sy mediese sorg verbind word aan beweerde pogings om hom te vergiftig. Dit is ’n goeie vraag hoekom Ramaphosa oop kaarte met Suid-Afrikaners gespeel het oor Mabuza se besoek aan Rusland, en ook hoekom die president aangedring het dat sy adjunk verlof neem, eerder as net verdwyn op staatskoste.
In Suid-Afrika het elke siniese ontleder van politieke gedrag onmiddellik groot gewag gemaak van die feit dat Mabuza duidelik nie vertroue het in ons eie gesondheidsorgstelsel nie en die logiese daaropvolgende vraag gevra; wie betaal hoeveel vir Mabuza se duur ipekonders? Wel, eintlik is dit die verkeerde vraag om te vra. David Mabuza was nog nooit skepties jeens die kwaliteit van plaaslike medici nie en sy reis na Rusland is ook geen indikasie van sy opinie oor die toestand van ons hospitale nie...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
VAN HEKSERY TOT IVERMEKTIEN
Mymeringe van ’n skrootwerf-antropoloog
Die misterie en mistiek van vergiftiging in Suid-Afrika se grondwetlike politiek is ’n tergende logika. Byna so onverklaarbaar as middelklas-Afrikaners se beheptheid met ivermektien, skryf PIET CROUCAMP.
Deel
ADJUNKPRESIDENT David Mabuza het in die verlede al dikwels die land verlaat om mediese sorg in Rusland te kry. Meestal is hy Moskou toe sonder dat enigiemand daarvan geweet het, tot lank nadat hy weer sy hand ter plaatse aan die ploeg geslaan het, hier in Mzansi. Die afgelope week het hy egter formeel by president Cyril Ramaphosa toestemming gevra vir sy jaarlikse reis na Rusland en dit is ook vooraf in die media afgekondig.
Vir iemand wat al dikwels vir maande van die politieke toneel verdwyn het, is dit nogal gedrag wat ’n mens se wenkbroue laat lig. Hy sou die openbare aankondiging van sy reis beslis nie uit eie wil doen nie, veral omdat sy mediese sorg verbind word aan beweerde pogings om hom te vergiftig. Dit is ’n goeie vraag hoekom Ramaphosa oop kaarte met Suid-Afrikaners gespeel het oor Mabuza se besoek aan Rusland, en ook hoekom die president aangedring het dat sy adjunk verlof neem, eerder as net verdwyn op staatskoste.
In Suid-Afrika het elke siniese ontleder van politieke gedrag onmiddellik groot gewag gemaak van die feit dat Mabuza duidelik nie vertroue het in ons eie gesondheidsorgstelsel nie en die logiese daaropvolgende vraag gevra; wie betaal hoeveel vir Mabuza se duur ipekonders? Wel, eintlik is dit die verkeerde vraag om te vra. David Mabuza was nog nooit skepties jeens die kwaliteit van plaaslike medici nie en sy reis na Rusland is ook geen indikasie van sy opinie oor die toestand van ons hospitale nie...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Deel
-
Deel
Piet Croucamp
Bydraende redakteurPiet Croucamp is al 29 jaar 'n dosent in die politieke wetenskap. Hy is tans verbonde aan die Noordwes-Universiteit se Besigheidskool.