Vra vir pappie oor TZ se bloed aan sy hande, Duduzane

ZUMA-MITOLOGIE

Vra vir pappie oor TZ se bloed aan sy hande, Duduzane

In 2020 het Jacob Zuma en sy seun Duduzane in 'n reeks uitsendings op YouTube genaamd Zooming with Zumas vertel van die voormalige president se dae in ballingskap en op Robbeneiland. Maar die een hoofstuk in sy lewe wat die twee nié bespreek het nie, is Jacob Zuma se rol in die dood van Thami Zulu, 'n Umkhonto we Sizwe-bevelvoerder, in Lusaka in 1989. MAX DU PREEZ het dié skandaal al 25 jaar gelede nagevors en op 5 Junie verlede jaar weer daaroor geskryf.

THAMI Zulu was die nom de guerre van Muziwakhe Ngwenya – seun van 'n prominente Soweto-familie, albei sy ouers was skoolhoofde – wat in 1954 gebore is. Hy was in 'n elite-skool in Swaziland (Eswatini) en was 'n universiteitstudent voor hy in Desember 1975 by Umkhonto we Sizwe (MK) aangesluit en die naam Thami Zulu aangeneem het.

Ngwenya was 'n welsprekende, besonder intelligente, aantreklike jong man en ewe tuis in Engels as in Zoeloe wat hom tussen die MK-rekrute laat uitstaan het.

Die MK-bevelvoerders Joe Slovo en Chris Hani het sy potensiaal raakgesien en hom in 1979 na 'n vergadering van die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty se sentrale komitee in Oos-Berlyn genooi, waar hy die jongste afgevaardigde was...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.