Anatomie van ’n opstand

HOE LYK DIE PAD VORENTOE?

Anatomie van ’n opstand

Suid-Afrika het verlede week naby die rand gekom – maar die saad is reeds maande gelede gesaai, toe die owerhede ’n reeks aanvalle op vragmotors en boupersele geïgnoreer het. Van kritieke belang is die talmende risiko dat dit weer kan opvlam, skryf JUSTICE MALALA.

SUID-AFRIKA se mislukte opstand het nie net regstreeks op televisie afgespeel nie; die dreigende ontploffing is ook herhaaldelik uitgesaai na wie ook al bereid was om te luister. En tog het die regering nie net nié ag geslaan op die talle vroeë waarskuwings nie – die reaksie op die geteikende aanvalle en die meegaande plunderorgie was heeltemal te stadig en jammerlik onvoldoende. 

Dit behoort vir niemand ’n verrassing te wees nie. Toe Cyril Ramaphosa in Februarie 2018 president geword het, het hy – om die ANC verenig te hou – besluit om die Augiasstal wat die party in die 21ste eeu kenmerk, so vuil te hou soos wat hy dit gekry het.

Daardie verrotting, in die sekuriteitsgroepering binne die regering én party, van plaaslike tot nasionale vlak, het vir langer as drie jaar gesweer terwyl die magspendulum geswaai het tussen Ramaphosa en die byna verslaande RET-groep wat hulle by Jacob Zuma geskaar het. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.