Binne-in SA se Son(de)stad

DIE KONING SE KNOEIERY

Binne-in SA se Son(de)stad

Presies 43 jaar gelede is die eerste sooie by Heystekrand in die hedendaagse Noordwes gespit vir Sun City. Vir die ‘Sonkoning’, Sol Kerzner, was dit manna uit die hemel, skryf NICK DALL.

  • 23 Julie 2021
  • Nuus & Politiek
  • 10 min om te lees
  • artikel 12 van 28
  • Nick Dall

OP 6 Desember 1977 het Bophuthatswana die tweede bantoestan geword wat “onafhanklikheid" verkry het. Die enigste buitelandse staatshoof wat daardie dag aangesluit het in die stowwerige tentedorp wat later die metropool van Mmabatho sou word, was die destydse Suid-Afrikaanse staatspresident, Nico “Dr. Goud" Diederichs. Op die feesprogram was daar 'n gimnastiekvertoning, “stamdanse", 'n sokkerwedstryd en 'n saluut van 101 skote (21 sou net eenvoudig nie deug vir so 'n heuglike geleentheid nie).  

Die meeste glimlagte by die amptelike feesvieringe was duidelik geforseer, maar die Cheshire-katglimlag wat na alle waarskynlikheid op die dag op Solomon Kerzner se gesig was, was tien teen een eg.

Die besluit in 1965 om dobbel in Suid-Afrika te verbied – “dit ondermyn die moraal van enige nasie", het John Vorster, die minister van justisie, destyds gesê – was 'n swaar slag vir Kerzner, wat 'n jaar tevore Suid-Afrika se eerste vyfsterhotel in Durban oopgemaak het. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.