Die Suid-Afrikaanse Poskantoor sukkel al lank en die publiek se vertroue in die posdienste bly laag. Daar is nou (weer) 'n nuwe bedryfshoof wat (weer) sê dinge gaan beter word. ANNELIESE BURGESS probeer uitpluis presies wat nou daar aangaan en of die Poskantoor enige langtermyn-hoop op oorlewing het.
SOOS by die meeste staatsinstellings die geval is, is die Suid-Afrikaanse Poskantoor (SAPK) se balansstaat genoeg om enigiemand die horries te gee. Ondanks byna R8 biljoen aan reddingsboeie van die regering (wat ook die enigste aandeelhouer is), steier die Poskantoor nou al vir langer as 'n dekade van die een krisis na nog 'n dieper een.
Swak dienslewering. Ongemotiveerde werknemers. Onprofessionele diens. Uitmergelende stakings. Pos en pakkies wat in sorteersentrums ophoop. Vertraagde en onvoorspelbare aflewerings. Diefstal.
Toe die regering in 2015 die gerespekteerde sakeman Mark Barnes as bedryfshoof aangestel het, was daar nul openbare vertroue in die Poskantoor. Teen die agtergrond van 'n instelling met 'n swart gat in plaas van inkomste het Barnes 'n intensiewe regruk-aksie van stapel gestuur wat deur die raad van die Poskantoor asook die parlementêre portefeuljekomitee ondersteun is...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
LAASTE KANS
Wat de hel gaan aan by die Poskantoor?
Die Suid-Afrikaanse Poskantoor sukkel al lank en die publiek se vertroue in die posdienste bly laag. Daar is nou (weer) 'n nuwe bedryfshoof wat (weer) sê dinge gaan beter word. ANNELIESE BURGESS probeer uitpluis presies wat nou daar aangaan en of die Poskantoor enige langtermyn-hoop op oorlewing het.
Deel
SOOS by die meeste staatsinstellings die geval is, is die Suid-Afrikaanse Poskantoor (SAPK) se balansstaat genoeg om enigiemand die horries te gee. Ondanks byna R8 biljoen aan reddingsboeie van die regering (wat ook die enigste aandeelhouer is), steier die Poskantoor nou al vir langer as 'n dekade van die een krisis na nog 'n dieper een.
Swak dienslewering. Ongemotiveerde werknemers. Onprofessionele diens. Uitmergelende stakings. Pos en pakkies wat in sorteersentrums ophoop. Vertraagde en onvoorspelbare aflewerings. Diefstal.
Toe die regering in 2015 die gerespekteerde sakeman Mark Barnes as bedryfshoof aangestel het, was daar nul openbare vertroue in die Poskantoor. Teen die agtergrond van 'n instelling met 'n swart gat in plaas van inkomste het Barnes 'n intensiewe regruk-aksie van stapel gestuur wat deur die raad van die Poskantoor asook die parlementêre portefeuljekomitee ondersteun is...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Deel
Deel
Volgende artikelAnneliese Burgess
MederedakteurAnneliese Burgess is mederedakteur van Vrye Weekblad. Sy is aangewys as algehele wenner van die 2023 ATKV-Mediaveertjie vir ondersoekende joernalistiek.