Gehawende Vloot gaan sukkel om dié kritieke rol in Moz te speel

IN DIE DROË DOK

Gehawende Vloot gaan sukkel om dié kritieke rol in Moz te speel

Aan die vooraand van een van die belangrikste maritieme sekuriteitsaksies sedert 1994 bevind die Suid-Afrikaanse Vloot hom in 'n eksistensiële krisis. Só kan dit nie aangaan nie, waarsku DARREN OLIVIER.

VROEG in Augustus het die SAS Makhanda, een van die Suid-Afrikaanse Vloot se patrolliebote, Pemba in die noorde van Mosambiek binnegevaar om maritieme patrollies te doen as deel van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se militêre missie teen die Isis-geaffilieerde Ansar al-Sunna-insurgensie. 

Met die verloop van tyd, afhangend van hoe die sending ontvou en hoeveel geld die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag beskikbaar stel, sal nog 'n Warriorklas-patrollieboot, minstens een Valourklas-fregat en een Heroineklas-duikboot by die SAS Makhanda aansluit. Hulle taak sal wees om die waters van noordelike Mosambiek te patrolleer om te keer dat Al-Sunna voorrade kan aanvul of ter see kan beweeg. Dit is 'n kritieke sending, want daar was al talle verslae oor hoe die insurgente toerusting via die see ontvang en die onvermoë van die korrupte Mosambiekse weermag om die land se waters te beskerm. Sonder hierdie tipe maritieme afsluiting sal dit baie moeiliker wees om die insurgensie dood te druk en stuk vir stuk op te breek. Die vegters sal strategies kan terugwyk, hulleself weer kan toerus en terugbons van selfs die swaarste aanvalle op land.

Dit gaan 'n veelvlakkige benadering verg om hierdie doelwit te behaal. Die patrollievaartuie en fregatte sal die beweging van vaartuie waarneem, spanne van die maritieme reaksie-eenheid stuur om vrag te inspekteer en enigiets verdags te identifiseer. Die duikboot sal 'n observasie-bate wees wat naby aan die kuslyn skepe wat vrag aflaai kan waarneem, en visuele en elektroniese intelligensie kan insamel sonder om opgemerk te word. Die duikboot sal ook klandestien kommando's van 4 Spesiale Magte vir verkenningstogte aan wal kan kry. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.