Zondo sluit af met ’n kreun, nie ’n knal nie

FLUITJIEBLASERS IS DIE WARE HELDE

Zondo sluit af met ’n kreun, nie ’n knal nie

Die ware helde van Suid-Afrika se ontsnapping uit staatskaping is die fluitjieblasers wat alles op die spel geplaas het om ’n lig op die verrotting te laat skyn. Die land se politici het daarenteen eers baie laat op die toneel verskyn, skryf NATASHA MARRIAN.

DIT was nie politici wat Suid-Afrika uit die greep van ’n geslepe kragman, Jacob Zuma, en sy gulsige vriende, die Guptas, gered het nie. Dit was staatsamptenare en die burgerlike samelewing wat hulle teen die staatskaping verset en die skuldiges tot ’n uitdagender benadering gedwing het. Dít het uiteindelik die hele stelsel in duie laat stort.

Die “verset” teen staatskaping het in 2010 begin toe Themba Maseko, uitvoerende hoof van die regering se kommunikasie- en inligtingstelsel, geweier het om die entiteit se mediabegroting van R600 miljoen aan die Gupta-beheerde koerant The New Age toe te wys.

Die gevolg was dat Maseko uit sy pos verwyder is – volgens getuienis voor die staatskapingskommissie het Zuma die minister in die presidensie, Collins Chabane, beveel om hom uit te skop...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.