Mevrou De la Rey, sal jy die Boere kom lei?

DIE MERKWAARDIGE NONNIE

Mevrou De la Rey, sal jy die Boere kom lei?

Hy was die Leeu van Wes-Transvaal, 'n formidabele veggeneraal en 'n legende in sy eie leeftyd. Dié heldeverering, en die patriargale houdings van die tyd, het beteken dat Koos de la Rey se merkwaardige vrou, Nonnie, min erkenning gekry het – behalwe uit die geledere van die Britse offisiere, skryf MAX DU PREEZ.

DIE stereotipe van Afrikanervroue van die era rondom die Anglo-Boereoorlog was dié van halfgeletterde, onderdanige babafabrieke wat hulle mans slaafs gedien het.

Nonnie de la Rey het self in haar dagboek vertel watter gehoorsame en lojale vrou sy vir haar man was, die ideale selfverloënende, onderdanige Boervrou – en sy hét 12 kinders gebaar.

Moenie 'n woord daarvan glo nie. Haar lewe bewys sy was 'n dinamiese, hoogs intelligente mens met 'n sterk, selfs dominerende persoonlikheid wat g’n stuk nonsens van g’n niemand gevat het nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.