Zondo moenie dat Ramaphosa skotvry afkom

STAATSKAPING SE KADER-ADDERS

Zondo moenie dat Ramaphosa skotvry afkom

Die Zondo-kommissie se meer as R1 biljoen-soeke na die waarheid en staatskaping het tot stilstand geruk, meen PIET CROUCAMP. Pres. Cyril Ramaphosa se getuienis was waarskynlik die laagtepunt van ons verwagtinge vir dié kommissie se werk en hy moet vasgevat word.

DIE leier van die land en die ANC het staatskaping erken, maar duidelik probeer om sy party se morele en institusionele aandadigheid daaraan te ontken. Wel, minstens om dit te regverdig as 'n skaakmat-situasie wat hom ontmagtig het om iets daaraan te doen. Indien alle politici die waarskynlike verlies aan politieke mag kan gebruik om verantwoordelikheid te ontduik, is die idee van 'n demokrasie natuurlik daarmee heen.

Die vraag is nou: Wat kan die bevindinge van regter Raymond Zondo wees wat ons, die publiek, nie al weet nie? Ons weet reeds die staat is deur ANC-kaders, meer spesifiek die regerende party, gekaap. As dié werklikheid Zondo se primêre bevinding gaan wees, was die enorme inspanning in openbare bekentenisse 'n futiliteit en geldmors. Die ministers het geld gesteel, die staatsondernemings is geplunder en die Guptas het burokrate en lede van die uitvoerende gesag se arms met min moeite gedraai om biljoene rande uit die staatskas na privaat rekeninge of die kattebakke van hul motors te skuif.

Ons het nie 'n kommissie van ondersoek nodig gehad om dit te bevestig nie. Die ondersoekende media het dit alles reeds baie duidelik uitgespel. Terloops, hoekom draal die vrees en indruk by my dat die ondersoekende media meer bereik het om staatskaping se troostelose besonderhede te ontbloot as wat Zondo se finale verslag ons gaan vertel?..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.