POLITIEKE NOTABOEK | Die DA Mmusi vir Maimane uitgewerk het nie

WIL DIE DA DIE LAND RED?

POLITIEKE NOTABOEK | Die DA Mmusi vir Maimane uitgewerk het nie

MAX DU PREEZ wonder hoekom die opposisiepartye nie baat vind by die chaos in die ANC en die wanbestuur en korrupsie in die land nie, en wonder hoe lank die land nog met Gwede Mantashe as minister van energie gestraf gaan wees.

OP papier behoort die ANC landwyd bloedneus te kry in die komende plaaslike verkiesings en ver onder die helfte van die stemme in die volgende algemene verkiesing te kry.

Die party is in 'n absolute chaos. Dit is bankrot en kan nie werknemers se salarisse betaal nie. Dit is rigtingloos en verdeeld – die KZN- uitvoerende komitee het pas 'n woeste aanval op Cyril Ramaphosa, die Zondo-kommissie en die Konstitusionele Hof geloods. Verskeie senior leiers is geskors. Korrupsie in senior ANC-geledere domineer week ná week die nuus. Die oproer van 9 Julie was eintlik 'n ANC-faksiegeveg. Die meeste plaaslike owerhede onder ANC-beheer het ineengestort. Werkloosheid staan vandag op rekordvlakke.

'n Mens kan jou kwalik 'n meer vrugbare teelaarde verbeel vir die opposisiepartye om sterk te groei...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.