Vat vyf, Span SA!

SKITTERVERTONINGS BY SPELE IN JAPAN

Vat vyf, Span SA!

Agter Suid-Afrika se vierde en vyfde medaljes by die Paralimpiese Spele in Japan is verhale van persoonlike triomf, skryf KEVIN McCALLUM.

  • 03 September 2021
  • Nuus & Politiek
  • 5 min om te lees
  • artikel 12 van 31
  • Kevin McCallum

En toe was daar vyf. Span SA het Dinsdag hul vierde en vyfde medaljes by die Tokio-spele losgeslaan: die eerste in die oggendhitte op ’n motorwedrenbaan twee uur weg van die stad, en die tweede in die aandreën in die Olimpiese Stadion.

Sheryl James het brons gewen in die 400m vir serebraal gestremdes in die laaste item van die dag se aksie in die Olimpiese Stadion, nadat Pieter du Preez Suid-Afrika se derde goue medalje in die handfietsry-item vir C6-kwadrupleë by die Paralimpiese Spele in Tokio gewen het.

Du Preez sê daar’s geen bepalende lyn tussen die tyd voor en ná die ongeluk wat hom ’n Paralimpiese atleet gemaak het nie. Die voormalige fietsryer, swemmer en hardloper wat ná sy ongeluk in 2003 ’n handfietsryer en swemmer geword het, beskou alles as deel van dieselfde reis. In sy gees het hy ’n hardloper gebly. Op dié reis was hy die eerste kwadrupleeg wat ’n Ysterman-driekampkompetisie voltooi het – ’n pad wat van hom ’n wêreldkampioen sou maak. En Maandag het die reis hom na die Paralimpiese goue medalje gebring...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.