×

Ons het nuus vir jou.

Registreer gratis op Vrye Weekblad en ontvang nuusbriewe per e-pos, lewer kommentaar en meer.
Registreer nou
Om sonder ’n keuse te kies

WAT SÊ DIE KRISTALBAL?

Om sonder ’n keuse te kies

Vir wie stem 'n mens nou eintlik in die verkiesing van 1 November, wil PIET CROUCAMP weet. Hy meen die leierskap van die ACDP gaan weggewys word by die hemelpoorte, hy het 'n gemoed vol wrewel jeens Helen Zille, die ANC is 'n insolvente misdaadsindikaat en die VF+ is ook nie sy natuurlike politieke tuiste nie. Hy't deernis met sommige politici, maar ander is ‘politieke skif’. Soos alle ander landsburgers sal politieke ontleders en joernaliste uiteindelik ’n subjektiewe keuse moet maak.

DAAR is min dinge wat my met soveel uitbundige entoesiasme vervul as ’n verkiesing. Die drukkokersituasie van mediaontleding en die skouersskuur met politici is vir my orgasmies. Die uitslagsentrum in Pretoria word vir ’n week lank ’n amfiteater van joernaliste, ontleders en werkloses met politieke ambisies wat meeding om die gepeupel se stem. Politieke skurke is ’n hartlike geselsie, en die president kom wys ook op ’n kol gesig.

Dit is byna onmoontlik vir ’n mynbaas om ’n afspraak met Gwede Mantashe te kry, maar op die uitslagsentrum se vloer kan elke geakkrediteerde Jan Rap en sy maat die ou rasperstem met die sjarmantiese bek vir kleinburgerlike geselsies nader. Die ministers en platsak amptenare van Luthulihuis se topses soek die kalklig van die groter mediaplatforms. Leiers van kleiner politieke partye soek skoorvoetend toenadering by enigiemand met ’n pen of ’n mikrofoon. Verkiesings is ’n groot gelykmaker.

Gerugte, vrese, mites en legendes loop soos bloed, totdat die werklikhede van bevestigde elektroniese uitslae in neonligte verskyn. Dit is ’n lekker tyd om piele te vleg met Engelse politieke kommentators. Ons Afrikaanse kommentators sien nie meer kans vir mekaar nie. Die ou sirkeltjie akademiese kundiges is te klein en ingeteel om met iets nuuts vorendag te kom. Dirk Kotzé van Unisa is nog ’n gewyde stilte werd, maar andersins kan universiteite nou maar gerus ons spreekbeurt inperk...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 November af sal jy ’n subskripsie kan uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.