POLITIEKE NOTABOEK | Die ondergang en opgang van Mmusi Maimane

NUWE MODEL

POLITIEKE NOTABOEK | Die ondergang en opgang van Mmusi Maimane

MAX DU PREEZ skryf oor die oud-leier van die DA wat onafhanklike kandidate in die plaaslike verkiesing mobiliseer, Helen Zille wat die ‘Engelse pers’ haat, anti-vaxxers wat uit die hospitale moet wegbly en die EFF wat die ivermektien van die politiek is.

MMUSI Maimane is stilletjies besig om 'n politieke comeback te maak. Die DA en ander politieke partye het hom dalk net te gou afgeskryf.

Maimane het die toenaderings van ander politieke partye geweier en hou by sy One South Africa Movement. Daar is groeiende waardering vir sy rol as 'n redelike, verdraagsame en goedgemanierde politieke figuur. Hy het 'n sterk teenwoordigheid op sosiale media, maar sonder om te skreeu, dreig of beledig.

Dié week het Maimane 35 onafhanklike kandidate onder sy sambreel vir die komende plaaslike verkiesing in Emfuleni (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) aan die kieserskorps voorgestel. Hulle staan nie as lede van 'n politieke party nie, maar van 'n  gemeenskapsgroep, wat beteken hulle kan ook die voordeel trek van proporsionele eerder as net wyksverteenwoordigers...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.