Nog ’n plaasmoord: ’n roos in ’n pot, bloed op die stoep en...

PLEASE CALL ME ...

Nog ’n plaasmoord: ’n roos in ’n pot, bloed op die stoep en hartseer soos swael in die lug

ANNELIESE BURGESS vertel die verhaal van 'n moord in 'n plaashuis se voordeur en die sinistere storie daaragter. Van 'n vrou se worsteling om verblyfreg en 'n uitgerekte stryd met die staat, 'n familie wat uiteengeskeur is en 'n plattelandse gemeenskap wat stomgeslaan is oor nog een van hul eie wat sterf in 'n donker nag op 'n afgeleë plaas.

DIT is die gevoel van eensaamheid wat my eerste opval. Die opstal is omring deur koraalbome waaraan die laaste rooi blomme nog hier en daar vasklou. Die plaashuis is afgeleef, maar die eenvoudige lyne vertoon sag in die laatmiddagson. Daar is 'n stoep aan elke kant van die huis. Koeie kou aan die grasperk.

Die gordyne is almal toegetrek. Hier en daar is 'n skrefie waardeur ek kan sien na binne. Twee swart potte op die vloer teen die muur. 'n Enkele stoel. 'n Paar blikke verf. 'n Graaf. 'n Bank met 'n pers blommetjieskombers daaroor. By die voordeur, 'n blompot met 'n klein roosboompie wat onlangs geplant is. En dan, vlak voor die vensterbank in die stoepkamer, donker grond wat oor groot bloedplasse gestrooi is.

Verlede Donderdagaand, iewers tussen agt- en negeuur, het iemand aan die deur op die systoepie geklop. Zolisa Panyaza moes die persoon geken het, want sy het vir hom oopgemaak. Die persoon, of persone, het haar net daar doodgeskiet. Daar is na bewering 15 skote op haar gevuur. Haar seun, so word vertel, het tien skote in sy liggaam gehad. Die toneel was van koeëldoppies besaai...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.