POLITIEKE NOTABOEK | Jakob staan nog regop, dankie

‘OUT OF THE WOODS’

POLITIEKE NOTABOEK | Jakob staan nog regop, dankie

As Jacob Zuma op enige ander manier die reg gaan ontduik as om ná ’n behoorlike, onafhanklike mediese ondersoek deur ’n regter ontslaan te word, sal die regstelsel sukkel om sy geloofwaardigheid te herwin. MAX DU PREEZ skryf oor die verloop van Zuma se hofsaak in die Pietermaritzburgse hooggeregshof.

AS jy ’n Jacob Zuma-aanhanger is en jy is bekommerd dat hy op sy sterfbed lê, hier is die jongste goeie nuus uit die mond van sy persoonlike woordvoerder en hoof van sy stigting, Mzwanele “Not Jimmy” Manyi: “He is not 100% well, but he’s not collapsing. I hope he will be out of the woods in the near future.”

“Out of the woods” is nou nie juis wat ’n mens van iemand dink wat pas op mediese parool vrygelaat is omdat hy dodelik en onherstelbaar krank is nie, of hoe?

Manyi was 16:00 gistermiddag buite die Pietermaritzburgse hooggeregshof aan die woord waar Zuma se aansoek dat die staatsaanklaer wat al twee dekades lank probeer om Zuma weens korrupsie te verhoor, adv. Billy Downer, uitgeskop word, aangehoor word...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.