Eskom, kragskepe, klimaat en die ekonomie: Barbara Creecy...

'N STIL, DIPLOMATIESE BASTION

Eskom, kragskepe, klimaat en die ekonomie: Barbara Creecy staan bont (en groen)

Sy is g'n 'n bewaringsbetottelde groene nie, sê die minister van bosbou, visserye en omgewingsake aan MIKE SILUMA. Tog is sy stilweg en diplomaties die laaste bastion teen Gwede Mantashe en die Karpowership-ooreenkoms en hou sy vol: Regulasies móét nagekom word.

BARBARA CREECY is, ondanks die feit dat sy minister van bosbou, visserye en omgewingsake is, teensinnig om as ’n bewaringsbetottelde “groene” bestempel te word. Sy beskryf haarself eerder as ’n “ingeligte persoon”.

Sedert haar aanstelling in die kabinet in 2019 moes dié voormalige LUR vir finansies in Gauteng báie in haar breë en uiteenlopende portefeulje leer.

Die nuwe posisie het met ’n goeie skoot omstredenheid gekom, soos die geskil oor die plan vir die Turkse maatskappy Karpowership om noodkrag te voorsien van skepe wat met gaskragopwekkers toegerus is...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.