‘Kom ons maak huis skoon!’ sê onafhanklike kandidaat Ruben ...

BASTA MET IDEOLOGIE

‘Kom ons maak huis skoon!’ sê onafhanklike kandidaat Ruben Richards

Ruben Richards het al baie hoede gedra en baie dinge vermag. Akademikus, skrywer, uitvoerende sekretaris van die WVK, groot kokkedoor in die Skerpioene, sakeman en meer onlangs vooraanstaande boer in die Olifantsvallei. As iemand van sy statuur bereid is om as onafhanklike kandidaat in 'n munisipale verkiesing te staan, dan weet jy die frustrasie is veel meer as net retoriek. ANNELIESE BURGESS het met hom gesels.

HY wil eintlik net boer en boeke skryf, vertel dr. Ruben Richards oor Zoom vanaf sy plaas, Twee Riviere, buite Citrusdal. 

Hy het dieselfde warmte wat ek onthou van die Waarheid-en-versoeningskommissie toe ek 'n jong verslaggewer daar was en hy die uitvoerende sekretaris wat die hele operasie geolie moes hou. In die jare tussen toe en nou het Richards agt boeke geskryf, die Skerpioene help stig, talle invloedryke sakeposisies beklee en vir die laaste 10 jaar aan die hoof van 'n stigting gestaan wat baanbrekerswerk gedoen het en steeds doen om “heling en herstel in getraumatiseerde gemeenskappe te bewerkstellig".

Met al hierdie dinge, en 'n groot sitrus-en-groenteboerdery wat 250 mense in diens het, vra ek hoe hy die tyd en lus het om homself in die plaaslike politiek te begewe...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.