POLITIEKE NOTABOEK | Wit is nou gister se swart

WIT EN ANDER OLIFANTE

POLITIEKE NOTABOEK | Wit is nou gister se swart

MAX DU PREEZ skryf oor die beste kandidaat wat dit nie gemaak het nie, dubbelpratery oor Kaapse afstigting, en die Ghostbuster van Bonteheuwel.

WIE sou kon dink dat ek van alle mense op 'n plek sou kom waar ek kla dat middeljarige wit mans te na gekom word? Wel, ons is nou daar.

Regter David Unterhalter is een van die heel, heel beste regsbreine in Suid-Afrika, selfs internasionaal. Hy het BA- en MA-grade van Cambridge, 'n LLB van Wits en 'n BCL van Oxford. Hy is sedert 2002 'n gesogte senior advokaat (silk). Hy was professor aan Wits en die Universiteit van Kaapstad en besoekende professor aan die University College in Londen en die Columbia Law School. Hy is sedert 2018 'n regter in die hoër hof en het al as regter in die appèlhof waargeneem. Hy is die skrywer van 'n menigte akademiese artikels.

Net die soort regter wat ons in die Konstitusionele Hof nodig het, nie waar nie?..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.