Binne SA se rampokker-munisipaliteite

NOG KAPING

Binne SA se rampokker-munisipaliteite

Suid-Afrika se munisipaliteite is in die voorste linie van dienslewering, maar is ook 'n skakel in die korrupsieketting. Dit is niks nuuts nie, maar heelwat is op die spel in die aanloop tot die plaaslike verkiesings, skryf CARIEN DU PLESSIS.

TERWYL Duncan Monks, ’n DA-raadslid, verlede Vrydag verkiesingsplakkate in die strate van New Brighton in Gqeberha opgesit het, het ’n groep swaargewig-boewe opgedaag en hom met ’n vuurwapen gedreig. Nadat hy ontsnap het, het ’n ANC-raadslid hom glo na die plaaslike polisiestasie agtervolg.

Volgens Andrew Whitfield, Oos-Kaapse DA-leier wat namens Monks gepraat het, was die boosdoeners lede van plaaslike besigheidsindikate wat saam met politici werk. Met die munisipale verkiesings wat oor minder as ’n maand plaasvind, is hulle skynbaar bekommerd dat hulle hulle kontrakte gaan verloor

Die situasie tans is dat die burgemeestersetel in die Nelson Mandelabaai-metropool (NMB) ná ’n tydperk van redelike onstuimigheid weer in die DA se hande is – maar die sindikate bestaan steeds. Hulle is volgens Whitfield “diep ingewortel”...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.