Die teësinnige Khoe-toeriste oor die waters

DIE ENGELSE EN COREE KON NET NIE KLIEK NIE

Die teësinnige Khoe-toeriste oor die waters

'n Khoe-leier in 'n kniebroek, mantel en geveerde hoed wat in 1613 'n Shakespeare-stuk in die befaamde Curtain Theatre in Londen bygewoon en koning James I ontmoet het? MAX DU PREEZ vertel die verhale van die eerste vier Suid-Afrikaners wat oorsee gereis het.

SIR THOMAS SMYTHE, goewerneur van die Engelse Oos-Indiese Maatskappy, was een van die magtigste handelaars en finansiers in Engeland gedurende die eerste helfte van die 17de eeu, en 'n persoonlike vriend van koning James I. Smythe het visioene gehad van 'n nedersetting aan die Kaap van Goeie Hoop, die plek wat sy landgenoot Francis Drake in 1580 beskryf het as “die skoonste kaap wat ons in die hele wêreld gesien het”. Smythe het nog voor die VOC al besef hoe waardevol 'n halfwegstasie tussen Europa en die Ooste kon wees.

Nie een van Smythe se skepe wat Tafelbaai aangedoen het, het daarin geslaag om die inligting van die plaaslike inwoners te bekom wat hy wou hê nie. Hy besluit toe om iemand te kry wat al dié binne-inligting kon gee en as sy agent onder die inheemse mense kon werk. Maar só iemand sou eers Engels moes leer praat.

In Mei 1613 het twee van Smythe se skepe, die Hector en die Thomas, in Tafelbaai anker gegooi. Toe die kaptein van die Hector, Gabriel Towerson, aan wal stap, is hy deur 'n leier van die plaaslike Gorachoukwa met die naam Coree (ook al Xhoré, Quore en Kora gespel) ingewag. Coree het beeste en skape vir koper, yster en lappe geruil en die Engelse toegelaat om langs die rivier wat uit die berg na die baai gevloei het, tent op te slaan...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.