George-vliegongeluk: Lugvaartowerheid skarrel om lastige vrae...

BLO OPNUUT ONDER SKOOT

George-vliegongeluk: Lugvaartowerheid skarrel om lastige vrae stil te maak

Dit het ’n noodlottige ongeluk met een van die Burgerlugvaartowerheid (BLO) se eie vliegtuie gekos om die kwessie oor die onafhanklikheid van dié instelling se ondersoekeenheid op die spits te dryf. Nou gaan die saak hof toe, skryf ERIKA GIBSON.

TWEE vlieëniers en ’n vluginspekteur van die BLO is in Januarie verlede jaar dood toe hulle tydens ’n kalibrasievlug in die Outeniquaberge by George vasgevlieg het. Die vraag het toe ontstaan of die owerheid homself oor die voorval sou ondersoek, soos met vorige ongelukbevindings waarin die BLO se gebreke uitgewys is.

Die ongeluk kon op die oog af maklik toegeskryf word aan die swak weer- en sigtoestande waarin die vlug onderneem is. Die bemanning, kapt. Thabiso Tolo, medevlieënier Tebogo Lekalakala en vluginspekteur Gugu Comfort Mnguni, was egter almal gekwalifiseer om net op instrumente te vlieg. Die weersomstandighede was dus nie ’n probleem nie.

Hulle het die vlugprofiel by die lughawe gereeld gevlieg en presies geweet watter kant die bergpieke lê. Op die ongeluksdag het hul vlugprofiel egter anders gelyk, en die vliegtuig het grond toe getol eerder as om in ’n piek vas te vlieg soos wat gewoonlik met disoriëntasie die geval is...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.