Is die buffel terminaal verwond?

BLOED OP DIE SPOOR

Is die buffel terminaal verwond?

Cyril Ramaphosa was vir ’n dekade die flikkerende vlam van hoop wat in die skaduwee van Zuma gewag het vir die geleentheid om die hoopvolle jare van Mandela te laat herleef. Nou begin dit lyk of hy sy geloofwaardigheid verloor het, soos vele ander Suid-Afrikaanse politici voor hom, skryf PIET CROUCAMP.

TEEN die tyd dat Jacob Zuma sy tasse op 15 Februarie 2018 teensinnig begin pak het in Mahlamba Ndlopfu, het die verwagting van Ramaphosa se vernuwende daeraad reeds hoog geloop. Zuma se stem het ’n beduidende deel van Suid-Afrika se polities lewensmoeë bevolking reeds met oneindige wrewel vervul. Sy woord was ongeloofwaardig en sy beloftes niksseggend. Daar was ’n tyd wat sy kollegas asook sy opponente genoodsaak was om hom met erns te bejeën, maar uiteindelik kon net ’n tetanus-inspuiting jou vrywaar van die Nkandla-neuriesanger se stigma.

In die politiek is dit belangrik dat jou opponente jou met dieselfde erns bejeën as jou ondersteuners. Die grootste gevaar vir enige orator is stigmatisering. Met ander woorde, selfs wanneer jou feite korrek is, skep jou uitsprake ’n ongeloofwaardige konteks. Soos met Zuma is die politieke geskiedenis deurspek met eens sobere en welluidende stemme wat hul waarde en waardigheid vir ’n pot lensiesop verruil het.

Mbeki: intellektuele reus ontwortel..

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X