Koster: Onafhanklike kandidate wil ‘politiek dooddruk’ om...

‘ONS MENSE VERDIEN BETER'

Koster: Onafhanklike kandidate wil ‘politiek dooddruk’ om dienslewering te laat werk

Die verhaal van drie klein gemeenskappe in Noordwes wat deur die hooggeregshof toestemming gegee is om die bestuur van die watersuiwerings- en riooldienste by hulle onbekwame munisipaliteit oor te neem, het vroeër vanjaar landwyd opslae gemaak. Willie Jones was een van die raakvat-hande agter die gemeenskapsuksesverhaal. Hy en vyf ander staan nou as onafhanklike kandidate in die plaaslike verkiesing. ANNELIESE BURGESS het met hom gesels oor hulle plan om hulle dorp ‘terug te vat'.

DIE krag is af in Koster toe ek met Willie Jones wil praat. En as die krag af is, werk die selfoontorings daar nie. Jones laat weet ek moet maar ’n WhatsApp-oproep maak, want hulle het ’n internet-seinversterker. “Mens raak maar gewoond aan goed wat nie werk nie,” lag hy. “En in Noordwes werk bitter min goed.”

Dit is juis dié benarde toestand van hulle dorp en die al hoe dieper vretende verval wat hom en vyf ander in die Kgetlengrivier-distrik (Koster, Swartruggens en Derby) oortuig het om as onafhanklike kandidate in die komende plaaslike verkiesings te staan.

“Ek is nie ’n politikus nie, en miskien is ek ’n bietjie naïef, maar dit voel vir my asof ons nie meer ’n keuse het nie. Die politieke speletjies en leë beloftes van politieke partye het ons al hoe dieper oor die afgrond afgetrek. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.